Ons liefdes storie het als begin met n regs “swipe“, n koffie en n glimlag. Op 21 April 2019 het ons mekaar gevind, min het ons geweet ons lewensmaat sit reg oorkant ons. Ons moes maar van die begin af die lang afstand verhouding saam aanpak , daar was tot laat in die aande op “video calls“ gesels en gelag.
Dis baie waar wat hul se, “absence makes the heart grow fonder”. ‘N Lang-afstand verhouding is beslis nie maanskyn en rose nie, maar dit maak die herrineringetussen twee geliefdes net soveel meer spesiaal. Wanneer jy maande moet wag om jou geliefde weer te sien, is die drukkies stywer, die harte warmer en die soene soeter.
Ons reis het ons gevat van verlief tot en met liefde sonder grense. Ons pad het ons geleer om nooit op te hou glo nie en altyd die mooiste saam met ons te dra in ons harte.
Op 26 Agustus 2020 het Johan die groot vraag gevra , ons pad het ons van net verlief af na verlief en verlooftoe gevat, ‘n dag wat ons altyd sal onthou en dit was ‘n dag van soveel meer drome saam laat waar word en die begin van iets baie mooi.
En nou deel ons een van die grootste en kosbaarste dag van ons lewens saam met almal wat ons lief het.
Ons nooi julle hartlik uit na ‘n onvergeetlike dag saam ons, ons ouers, familie en vriende. Dit sal die grootste voorreg wees om elkeen van julle daar te kan hê, kom vier saam ons, ons liefdesverbintenes as bruid en bruidegom.
|